Gods Army Ministries

Go therefore and make disciples of all the nations [help the people to learn of Me, believe in Me, and obey My words], baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, teaching them to observe everything that I have commanded you; and lo, I am with you always [remaining with you perpetually–regardless of circumstance, and on every occasion], even to the end of the age.” MATTHEW 28:19‭-‬20 AMP

By

Agt tekens dat ons in die laaste uur leef.

Voor ons met nommer een begin, laat ons eers kyk na die heel groot teken wat 70 jaar gelede reeds gekom het om aan te toon dat ons in die laaste dae is. Dit is natuurlik die herstel van Israel as staat in 1948. Die vyeboom het gebot en die Jood het na sy land begin terugkeer. Sonder dit was daar geen laaste dae nie. Al die profesie van die laaste dae is daarvan afhanklik dat Israel na sy land sou terugkeer. Volgens Eseg. 36 sou hulle uit die as en die doodsbeendere van Hitler en WOII opstaan en ‘n nasie word. Maar nou is ons meer as net in die laaste dae. Ons is in die laaste uur. Waarom sê ons so?

  1. Israel is nie net terug in sy land nie, hulle is militêr die agste sterkste land op aarde en tegnologies die vierde. Hulle is sterk, voorspoedig en ryk. Lees van hulle krag in Eseg. 36: “’n geweldige groot leër”. Lees van hulle voorspoed en rykdom in Eseg. 38: Rusland, Iran en Turkye kom hulle aanval ter wille van roof en plunder van hulle middele.
  2. Die derde tempel is op die punt om herbou te word. Alles is in gereedheid. Trump is ook al identifiseer as die “Kores” van Israel wat hulle stad Jerusalem erken en hulle steun om die tempel te herbou. Die tempel moet herbou wees vir die groot verdrukking om te kan begin, want in daardie tyd gaan die Antichris homself as god in die tempel aanbied volgens Matt. 24, Openb. 10 en 2 Thess. 2. Selfs priesters is alreeds in Jerusalem opgelei.
  3. Die alliansie-vennote van die Eseg. 38 oorlog staan gereed. Rusland, Iran en Turkye staan gereed op Israel se noord-grens in Sirië. Ook Libië en Soedan in Noord-Afrika is onder die invloed van die alliansie soos Eseg. 38 voorspel. Slegs ‘n paar jaar gelede was Turkye nog ‘n vriend van Israel. Mens kan nie die goed opmaak of uitdink nie. Dit kom so direk uit die bladsye van die Bybel.
  4. Die Pous maak nou daagliks geluide en bring stelsels in plek om die een-wêreld godsdiens voor te berei. Selfs voormalige evangeliese kerkleiers besoek nou die Pous en gooi hulle gewig agter die een-wêreld kerk. Ook die een-wêreld politieke stelsel vorder teen verbysterende spoed. Daar is nou byna maandeliks nuwe groot saamtrekke waar die wêreld sogenaamd verenig teen ‘n gemeenskaplike vyand. By die meeste instansies het satan reeds vir Christus vervang.
  5. Natuurrampe neem apokaliptiese vorm aan in grootheid en omvang. Die grootste oorstromings nog in Venesië. Die ergste veldbrande nog in die Amazone en nou reeds die laaste vier jaar in Kalifornië. Die grootste brande in Australië. Gereelde massiewe storms in Japan en die Filippyne. Aardbewings en vulkane in baie groter frekwensie as ooit tevore. In Suid-Afrika heers die grootste droogte in honderd jaar. Selfs die grootste rivier in die land, die Gariep, het opgedroog.
  6. Misleiding en die aanval teen die waarheid is erger as ooit. Gereformeerde en evangeliese kerke op verskillende plekke in die wêreld trek die baadjie van pro-aborsie en pro-transgender aan. Terselfdertyd betwis hulle die godheid van Christus en ontken en verswyg die kruis as die enigste weg tot saligheid. Hulle skaar hulle by aardse programme om vrede te bou en die omgewing te dien en te aanbid. Vrede en die omgewing is goed, maar as dit jou god geword het en jy die hemel begrawe het, is jy verdoem.
  7. By die VN, in die media en by tientalle internasionale organisasies werk die wêreld alreeds saam om grense af te breek, privaatbesit tot niet te verklaar, alle lande se skuldlas aan die sentrale geldstelsel op te hoop, die gesin en kultuur af te breek en om een leier vir die wêreld aan te bied. Gaan lees maar oor Agenda 21 en global 2030.
  8. Tegnologie wat die Antichris sal gebruik is alles daar. ‘n Verenigde kommunikasiestelsel. Sateliet- en internetkommunikasie. Die beheersisteem om elke mens finansieel te manipuleer. Die een-wêreld geldstelsel is eintlik reeds in plek. Selfs Trump en Putin wat nog die een-wêreld stelsel teenstaan, is ekonomies totaal daarvan afhanklik en is uitverkoop aan die moderne tegnologie.

Die vraag is nie meer waarheen gaan dit nie, want ons is al klaar daar. Verkondig die een evangelie en praat oor Jesus Christus soos nog nooit tevore nie. Moenie eers bid vir aardse programme nie, bid vir die redding van siele.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *