Gods Army Ministries

Go therefore and make disciples of all the nations [help the people to learn of Me, believe in Me, and obey My words], baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, teaching them to observe everything that I have commanded you; and lo, I am with you always [remaining with you perpetually–regardless of circumstance, and on every occasion], even to the end of the age.” MATTHEW 28:19‭-‬20 AMP

By

Vandag is vir julle `n Verlosser gebore…maar dis maar net die begin!

Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! LUKAS 2:10‭-‬11 AFR83
https://bible.com/bible/6/luk.2.10-11.AFR83

Wat ‘n blye dag gedenk ons nie. Die dag waarop Jesus Christus gebore is! Maar dit is maar net die begin van die verhaal…

“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. JOHANNES 3:16 AFR83
https://bible.com/bible/6/jhn.3.16.AFR83

Jesus het gekom om in ons plek te kom sterf. Hy het gekom om die gebroke verhouding tussen die Vader en ons te kom herstel. En dit is die plan van die Vader wat uit sy liefde vir ons ontstaan het…

God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.
JOHANNES 3:17 AFR83
https://bible.com/bible/6/jhn.3.17.AFR83

Diw Vader wil ons nie veroordeel nie maar ons red!

Al wat ons moet doen is..

As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.
ROMEINE 10:9‭-‬10 AFR83
https://bible.com/bible/6/rom.10.9-10.AFR83

Jesus het in ons plek kom sterwe. Hy is begrawe, maar nog belangriker, Hy het opgeataan en daardeur vir ons die ewige lewe verwerf!

Vandag staan jy weer voor ‘n keuse… Gaan jy vandag net saam met die wereld die dag en die dinge wat dit inhou en bring geniet of gaan jy vandag Jesus Christus as jou Verlosser en Saligmaker herdenk en aanneem?

Mag jy vandag, en so ook elke dag, die liefde en genade van God ervaar! Mag vandag vir jou en my ‘n ware Christusfees wees…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *