Gods Army Ministries

Go therefore and make disciples of all the nations [help the people to learn of Me, believe in Me, and obey My words], baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, teaching them to observe everything that I have commanded you; and lo, I am with you always [remaining with you perpetually–regardless of circumstance, and on every occasion], even to the end of the age.” MATTHEW 28:19‭-‬20 AMP

By

NG Kerk, Orajneville

Ek hou van nuwe ding doen. Ek hou van ander dinge doen. Ek hou van verandering. En, natuurlik, hou ek van kerk toe gaan…

So dan en wan gebeur dit dat ons op ander plekke opeindig oor naweke.

Soos, waneer ons vir ons ouers gaan kuier, waneer ons vir `n naweek weggaan en so voorts. Dan hou ek daarvan om bietjie die nuwe, ander, verskillende ding wat die dorp, of omgewing, offer te ervaar. Dit was onlangs weer die geval gewees toe ons vir die naweek na Orjanjeville toe was…

Die eerste ding wat ek wou sien was natuurlik die dorp! Nou, die wat Oranjeville ken sal weet, dit het nie baie lank gevat nie! Dis maar `n baie kelin dorpie met bie beperkte winkels en geriewe, maar daar is genoeg van die basise ding, en natuurlik visgoed, om die besoeker tevrede te kan stel.

Die tweede ding wat ek net moes doen was om die Parkrun in Vaal Marina te gaan doen. Dit het ek toe die Saterdagoggend ook gaan doen. Wat toe sommer so saam met die besoek aan Vaal Marina geloop het is dat daar net drie dorpe op die oewer van die Vaal Dam gevestig is. En die Saterdag het ek draai gemaak in al drie van hulle! Check!

Terwyl ek so op die kerkterein rond geloop het, het ek die pragtige indrukwekkende kruis gesien. Dit het `n groot indruk op my gemak…

En die laaste ding, waaroor die artiekel eintlik gaan, my besoek aan die plaaslike NG Kerk Sonadag oggend. Nou, soos ek reeds gesê het, Oranjeville is nie `n groot dorp nie. Nou, ondervinding het al geleer dat in sulke plekkies is die “indringer” of “buitesaander” nie altyd so welkom nie… Sit nou nog `n “motorbike” en `n “cut” by….wel, jy kry die prentjie!

Maar hier was dit glad nie die geval nie! Van die oomblik wat ek daar gestop het is ek met ope arms, leterlik, onvang. Ek is soos `n langverlore broer gegroet! Ek neem aan die person by die deur was ook die koster. Hy het my aan elke lidmaat wat op die dag daar was voorgestel! Soos net regte boere-mense kan doen… Dit was ongelooflik gewees.

Toe die diens. Die dominee het, soos in die NG tradiesie, die preekstoel bestuig…en van dat hy sy mond oopgemaak het en die eerste word gespreek het, het ek geweet, hierdie is nog `n kerk waar die Woord van die Here verkondig word, en geleef word! Lekker man! Dis mos hoe dit hoort!

Die boodsap was treffend en op die punt af. Geen “fancy” stories of suikerklontjies nie, net die waarheid soos wat dit in die Woord staan. 

Na die tyd het die gemeente `n vergadering gehad oor besluite was die Sinode geneem het. Dit het die “kuier tyd” bietjie beperk.

Na die diens het ek daar weg gery terug na die kampterein toe…

So het my besoek aan die NG Gemeete, Oranjeville tot `n einde gekom. Ek was aangenaam verras oor die ontvangs en die gasvreiheid. Ek was beindruk met die manier waarop die Woord verkondig en gevolg word. Die manier waarop mede gelowiges soos `n broer onvang en verwelkom word… As ek weer die geleentheid kry, sal ek beslis weer daar draai maak!

Artiekel deur:
Christo “Wolf” Pelser
President of the Board: Gods Army Ministries / Wolf Clan MCC: Club President 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *